top of page
nd2_-93.jpg

The Sea Trader  |  6 Desember 2025

Die Engelbrechtbruilof

Ons nooi jou hartlik uit na die huweliksbevestiging van
 

Jardo en Jean-Marié

ONS STORIE

Ons storie

Op 'n koshuisdans - laat in een nag,
Jean-Marié en Jardo, nog net ’n gesig, ’n glimlag. 
Nie mekaar se metgeselle vir die groot party,
maar toe hulle dans, begin verliefdheid gedy.


Na die dans het die geselsies begin...
Koffie en lag, ’n nuwe vreugde soos min.

Jardo, met ’n geheimpie, ’n plan in sy hart,
het sy koshuiskamermaat gevra om vir sy part
'n ‘blind date’ te reel met die meisie so mooi 
Deur haar kastig na hul dinee te nooi….

Van hierdie plan het Jean-Marié niks gewis,

maar was sy betower - dit is gewis. 

En daar -net daar- het alles begin.

'n Nuwe liefde is ontgin.

Baie laataandgeselsies, visvang, kamp, wyn en lag. 
'n Sterker band met elke dag. 

Op die Cliffs of Moher, op 'n yskoue dag. 
Kon Jardo net nie langer wag...

Met 'n ring in sy hand, ’n belofte in sy hart,
het hy gevra en sy gese ‘JA!’


Nou begin 'n opwindende reis,
met oorvloed in liefde as die grootste prys.

 

nd2_-5.jpg

Baie dankie aan Mamma Wilna Engelbrecht-Smuts wat ons storie so mooi in hierdie spesiale gedig vasvat.

nd2_-48.jpg
ONS TROUDAG

Ons troudag

nd2_-39.jpg

Saterdag, 6 Desember 2025

15H00 VIR 15H3O

The Sea Trader, St. Helenabaai

KONTANTKROEG:

Kaartfasiliteite is beskikbaar.

DRAG:

Semi-formeel.

“Coastal Chic” (pastelkleure).

nd2_-148.jpg
ANDER

Ander

Geskenkidee

Uit groot waardering vir ons vol spens,

versoek ons eerder 'n geldjie

vir ons spaarvarkie se pens!

Bankbesonderhede:

Bank: Capitec

Rekeninghouer: Jean-Marie Orton

Rekeningnommer: 241 920 568

Tipe rekening:  Spaar

Metgeselle

nd2_-36.jpg
nd2_-152_edited.jpg

Slegs per uitnodiging.

nd2_-143.jpg

Vrydagaand

5 Desember 2025

18:00-20:00

Sundowners en snacks op die strand.

nd2_-34.jpg

En hulle twee sal een wees. Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie.

Markus 10:8-9

nd2_-70_edited.jpg
RSVP
nd2_-126.jpg
nd2_-97.jpg

Ons sien uit om ons groot dag saam met jou te vier!

bottom of page